CMN
GEA Uithoeke

GEA Werkgroep Uithoeke


Lede van Werkgroep
Tjaart Fourie
Piet Robbertse
Naomi Vivier
Gerda de Villiers

Missie
Om 'n praktiese plan van aksie, waarvolgens 'n gemeente-uitreik suksesvol beplan, uitgevoer en afgehandel kan word, saam te stel, en aan die GEA voor te l�.

Uitgangspunt
Evangelisering is die taak van die plaaslike kerk. 'n Uitreik word daarom, met die toestemming en ondersteuning van die betrokke kerkraad deur 'n plaaslike gemeente beplan en uitgevoer. (Gemeentes kan ook saamwerk t.o.v. 'n uitreik).

Veronderstelling
Daar word van die veronderstelling uitgegaan dat 'n gemeente reeds t.o.v. die saak van evangelisering
(a)    God se opdrag verstaan
(b)    'n Evangeliseringsvisie het wat ook die "uithoeke" van die w�reld insluit en
(c)    Geroepe voel om God se opdrag in hierdie verband, te gehoorsaam.

Werkswyse
Die kerkraad of evangeliseringskommissie van 'n gemeente moet lidmate van die gemeente, wat hierdie saak op hulle hart dra, identifiseer. Hierdie lidmate moet 'n toerustingsgeleentheid bywoon, waartydens toerusting m.b.t. uitreike gegee sal word. Vanuit die geledere van diegene wat bogenoemde toerustingsgeleentheid bygewoon het, moet 'n Uitreikbestuur of - Kommissie vir die betrokke gemeente saamgestel word, wat bestaan uit 'n algemene uitreikleier, 'n geestelike groepleier, persone verantwoordelik vir administrasie, logistiek en skakeling. (Die volledige werksomskrywing van hierdie bestuur se werksaamhede word tydens die toerustingsgeleentheid behandel. Die Uitreikbestuur of - Kommissie neem deel aan 'n korttermyn uitreikaksie van 'n bestaande gemeente of organisasie, ten einde praktiese kennis en ervaring te bekom. Die Uitreikbestuur of - Kommissie doen navorsing oor en besluit saam met die kerkraad van die gemeente oor die plek of plekke, waarheen die gemeente uitreike gaan organiseer. Die Uitreikbestuur of -Kommissie stel 'n UITREIKSPAN saam en gee an hierdie span die basiese toerusting wat hulle sou benodig vir 'n uitreik

Die Uitreikbestuur of - Kommissie doen hulle eerste gemeente-uitreik!

Toerusting
Daar is baie sendingorganisasies wat hulle praktiese ervaring en kennis met plaaslike gemeentes wil deel. Hierdie organisasis is ook bereid om gemeentes behulpsaam te wees in die volledige beplanning van 'n voorgenome uitreik. Gemeentes kan self besluit in watter mate hulle van hierdie aanbiedinge gebruik sou wou maak. (Inligting m.b.t. sendingorganisasies is by die KRUISnet kantoor beskikbaar.)