CMN
GEA Kursusse

GEA Werkgroep Kursusse

Werkgroeplede
George de Ridder (Sameroeper)
Dr Douw Breed (GK Waterkloofrand)
Naomi Vivier
Piet Robbertse

Missie
Om gemeentes by te staan om, deur OPLEIDING, die gemeentelede
?    bewus te maak van die roeping tot en noodsaaklikheid van evangelisasie
?    toe te rus om met woord en daad die evangelie uit te dra en te verkondig
?    te bekwaam vir dienswerk om nuwelinge in die gemeente in te skakel
?    toerusting te verskaf aan toerusters binne die gemeentes

Strategie
?    Die bepaling en ontleding van behoeftes aan spesifieke evangelisasiekursusse
?    Die identifisering van bekwame kursusleiers
?    Die vind van plaaslike gemeentes om spesifieke kursusse aan te bied
?    Ondersteunende rol aan gemeentes in organisasie van kursusse

Plan van Aksie
?    Ontleding van behoeftes van gemeentes
?    Beplanning, skedulering en aanbieding of re�l van kursusse

Kursusse

Kursusse wat gereeld aangebied word:
Ligdraerskursus:
Dr Douw Breed, GK Waterkloofrand
George de Ridder
Piet Robbertse
Getroue Dissipel-kursus:
Ds Johan Eloff, GK Pretoria-Wes

Kursusse wat tot dusver aangebied is
Die Ligdraerskursus
Nasorgkursus van Ligdraerkursus
Die Brug-kursus

Moontlike toekomstige kursusse (in geen prioriteit)
(Al hierdie kursusse gaan ook op 'n gevorderde vlak aangebied word vir kursusleiers)
1 tot 1 evangelisasie
Beradingsevangelisasie
Kinderevangelisasie
Welsynsevangelisasie
Vriendskapsevangelisasie
Beplanning van nuwe evangelisasie-aksies - die bepaling van visie/missie, hoe om dit te beplan en ten uitvoer te bring
Bring van die Evangelieboodskap aan vreemde gelowe

Werkgroep Lektuur
Lede van die Werkgroep
Anita Cilliers (Sameroeper)
Dr Henk Stoker
Gerda de Villiers
Hanneli du Plessis

Doel
Die daarstelling van 'n mediasentrum waar oudio-visuele materiaal sowel as literatuur aangaande evangelisasie beskikbaar sal wees.

Ligging
Die beplande mediasentrum sal gele� wees op die terrein van die Gereformeerde Kerk Sunnyside, Reitzstraat, Sunnyside. Dit sal bedryf word deur lede van die GEA in samewerking met die lektuurkommissie van die Gereformeerde Kerk Sunnyside.

Beplande Beskikbare Inligting
Opleidingsmateriaal, bv kursusse
Verspreidingsmateriaal, bv hospitaalbediening
Nasorgmateriaal, bv gebed
Bybelstudie, bv kommentare
Selfstudie, bv krisishantering

Die moontlikheid van die ontwikkeling van bruikbare materiaal en die beskikbaarstelling daarvan op die Internet word ook ondersoek. Kontak intussen die kerkkantoor vir meer inligting oor beskikbare materiaal.