CMN
Bid02

Studie 2

Kortsluitings vir die krag

1. Opening

Iemand vra die se�n van die Here op hierdie deel van ons studie. Vra dat die Here duidelik aan ons sal uitwys wat hinder dat Hy ons gebede kan verhoor en dat ons die volle krag van gebed kan ervaar. Daarna al ons beurte neem om elkeen 'n paragraaf van hierdie les te lees.

2. Die skilpad in die pyp

Op my skoonvader se plaas in die Karoo is 'n baie groot dam. Daaronder is groot landerye aangel� waarop hy aartappels en lusern verbou het. Al wat hy nodig gehad het om te doen wanneer dit droog raak, was om die groot kraan oop te draai en die landerye te besproei. Somtyds het dit egter gebeur dat daar niks water uitkom nie, al was daar baie water in die dam en al was die kraan oop. Dan weet hulle dadelik daar is alweer 'n skilpad in die pyp. Dit kos dan 'n groot gesukkel met die trekker en 'n lang pyp om die afvoerpyp weer oopgestoot te kry.

Ons het nou reeds gesien dat daar ondenkbaar baie krag in gebed opgesluit l�. God se almag en sy beloftes is aan gebed gekoppel. Tog ondervind die meeste van ons nie hierdie krag in ons gebede nie. Dit is asof daar 'n "skilpad" in die pyp van gebedsverhoring is. Gelukkig vertel die Here vir ons in sy Woord watter "skilpaaie" kan keer dat ons gebede verhoor word. Kom ons gaan kyk na 'n paar van hulle, sodat ons hulle kan laat uithaal, en sodat ons gebedslewe so vol krag kan wees as wat God bedoel het. Die eerste een kry ons in Jes. 59:1-2.

3. Die eerste skilpad: sonde

Lees Jes. 59:1-2 en vul die ontbrekende woorde in:

"Die arm van die Here is nie te kort om te __________ nie
en sy oor nie te doof om te _____________ nie.
Dit is julle _______________ wat skeiding gebring het
tussen julle en julle God,
dit is julle __________ wat maak
dat Hy Hom nie aan julle steur nie
en nie na julle wil ______________ nie.

Dit beteken natuurlik nie dat 'n mens eers sondeloos moet wees voordat jy mag bid nie. As dit waar was, was alle gebed nutteloos. Maar God het dit moontlik gemaak dat al ons sondes vergewe kan word deur Jesus Christus. Jesus Christus het volkome vergewing moontlik gemaak vir enige sondaar uit enige volk. Soos Jesus self aan Paulus die opdrag gegee het:

"Jy moet hulle o� oopmaak
sodat hulle hulle van die duisternis tot die lig
en van die mag van die Satan tot God kan bekeer.
Deur in My te glo,
sal hulle sondes vergewe word
en sal hulle deel word van die volk van God."
(Hand. 26:18.)

Wat is dan die geheim van vergifnis? Daar staan dit: glo in die Here Jesus en vertrou dat Hy reeds al jou straf aan die kruis gedra het.

As ons groep vandag 'n gemiddelde groep kerklidmate is, dan is die helfte van ons nog nie seker dat ons kinders van God is nie. Sommige mense praat van die kerklidmate as die geheime sendingveld. Solank ons nog nie seker is dat ons sonde vergewe is nie, het ons geen sekerheid dat God Hom aan ons gebede sal steur nie. Ons kan ook nie eens die "Ons Vader"-gebed bid as ons nog nie ware kinders van God is nie.

Ons kan net van hierdie wonderlike feit seker wees as ons weet dat ons die Here Jesus as ons Verlosser en Koning aanvaar het. Soos Joh. 1:12 dit so duidelik stel:

"Maar aan almal wat Hom aangeneem het,
di� wat in Hom glo,
het Hy die reg gegee om kinders van God te word."

Is jy al seker dat jy werklik 'n kind van God is en dat jou sondes daarom vergewe is? Ons sal jou netnou help om seker te maak, want daarsonder is 'n kragtige gebedslewe nie moontlik nie.

Aan die ander kant is jy nog nie volmaak en sondeloos nadat jy die Here Jesus aangeneem het nie. Daarom het die Here voorsiening gemaak vir vergewing. Die apostel Johannes skryf aan gelowiges as hy s�:

"Dit skryf ek aan julle, my liewe kinders,
dat julle nie moet sondig nie.
En as een van ons sondig -
ons het Jesus Christus, die regverdige,
as ons voorspraak by die Vader."
(1 Joh. 2:1.)

Iemand het dit vergelyk met die veiligheidsnet onder die sweefstok-artiestes in die sirkus. Hulle beplan nie om te val as hulle daar bo van die een stok na die ander swaai nie. Maar as hulle 'n fout maak en misvat, is die veiligheidsnet daar onder. So het God voorsiening gemaak vir geval een van sy kinders sou val - daar is vergewing, as jy jou sondes bely. In die vorige paar verse verduidelik Johannes aan sy medegelowiges:

"As ons beweer dat ons nie sonde het nie,
bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie.
Maar as ons ons sondes bely -
Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes
en reinig ons van alle ongeregtigheid."
(1 Joh. 1:8-9.)

Kom ons bid dus dat die Here aan ons sal wys hoe ons in sy heilige o� lyk. Dan bely ons die sonde waaroor Hy met ons praat, sodat daar geen verstopping in ons gebedslyn sal wees nie. In die volgende verse praat die Here oor sondes wat in die lewe van gelowiges voorkom. Terwyl ons dit deurgaan, s� dan saggies "ja" as die Heilige Gees jou van iets oortuig. Kom ons lees dit stadig deur.

Ons eerste Skrifgedeelte is Gal. 5:19-21:

  • onsedelikheid:
  • onreinheid:
  • losbandigheid:
  • afgodsdiens:
  • towery:
  • vyandskap:
  • haat:
  • naywer:
  • woede:
  • rusies:
  • verdeeldheid:
  • skeuring:
  • afguns:
  • dronkenskap:
  • uitspattigheid:

Die tweede gedeelte is Ef. 4:25-5:5:

  • leuens:
  • kwaad bly:
  • diefstal en oneerlikheid:
  • vuil taal:
  • ongehoorsaamheid aan die Heilige Gees:
  • verbittering:
  • opvlie�ndheid:
  • vloek- en skeltaal:
  • onvergewensgesindheid:
  • liefdeloosheid:
  • ontug:
  • onsedelikheid in enige vorm:
  • gierigheid:
  • growwe, ligsinnige of vuil praatjies:
  • ondankbaarheid:

Hoe is jou bywoning van die kerkdienste en gemeentebiduur?

"Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan ..." (Heb. 10:25.)

Daar is nog baie sulke gedeeltes waardeur die Here met ons wil praat, maar ons volstaan vandag met Jak. 4:17:

"As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde."

Opdragte:

  1. Kom ons staan nou weer in ons groepies van vier en dan bely ons daardie sondes waaroor die Here met ons gepraat het hardop. Ons hoef nie na mekaar te luister nie, daarom gaan ons almal gelyktydig bid - die Here kan almal gelyktydig hoor, want Hy is God. Moenie nou oor iets anders bid, of 'n inleiding soek, of vir iets dankie s� nie. S� net so veel keer as nodig: "Vergewe my dat ..." en s� dan wat dit is waarvan jy gereinig wil word. As jy klaar is, bly dan net stil en bly staan so totdat die laaste een klaar is. Moenie met mekaar praat nie.
  2. As jy nog twyfel of jy waarlik kind van God is, kan jy Hom nou hardop vra om vir die eerste keer of by hernuwing in jou lewe in te kom en om jou Verlosser en Koning te wees. Daarna sal die voorganger 'n dankgebed doen.

4. Die tweede skilpad: Onvergewensgesindheid

Een skilpad wat in ons dag baie probleme skep, is onvergewensgesindheid. Kom ons lees daardie pragtige belofte van Markus 11:24-25:

"Alles wat julle in die gebed vra,
glo dat julle dit al ontvang het,
en dit sal vir julle so wees.
En wanneer julle staan om te bid,
en julle het iets teen iemand, vergewe hom;
dan sal julle Vader wat in die hemel is,
julle ook julle oortredinge vergewe."

Het jy gehoor? Hierdie sonde is die een wat sal maak dat ons ander sondes nie vergewe word nie, en daarom het dit besondere aandag nodig. Al bely ons die ander sondes en hou aan hierdie een vas, kanselleer ons daarmee ons eie belydenis.

Opdrag:

Ondersoek jouself.

  • Het jy 'n wrok teen iemand?
  • Is daar iemand wat jy nie kan vergewe vir wat hy of sy jou aangedoen het nie?
  • Het jy dalk 'n slegte gevoel teen 'n bevolkingsgroep wat jou kwaad aangedoen het?
  • Is daar iemand vir wie jy haat of verag?

Bely dit nou in julle groepies, maar sonder om name te noem - die Here weet van wie jy praat. Vra die Here dan vir al die liefde wat jy sal nodig h� om daardie persoon met liefde te behandel. Hy stort dit in jou hart uit deur die Heilige Gees (Rom. 5:5). (Geleentheid vir gebed.)

5. Die derde skilpad: Ongeloof

In Markus 11:24 het die Here Jesus ons 'n wonderlike belofte gegee. Het jy opgelet wat daar staan? Daar is 'n voorwaarde aan verbonde: glo dat julle dit al ontvang het.

Ongeloof is 'n groot skilpad in ons gebedslewe. Heb. 11:6 stel dit s�:

"As 'n mens nie glo nie,
is die onmoontlik om te doen wat God wil.
Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan
en dat Hy di� wat Hom soek, beloon."

Toe die dissipels nie kon regkry om die duiwelbesete seun te help nie, was hulle bekommerd, en het Jesus daarna gevra. Sy antwoord staan in Matt. 17:20 opgeteken:

"Omdat julle geloof te klein is," s� Hy vir hulle.
"Dit verseker Ek julle:
As julle maar geloof het so groot soos 'n mostertsaadjie
sal julle vir hierdie berg s�:
'Gaan staan daar anderkant!' en hy sal gaan.
Niks sal vir julle onmoontlik wees nie."

Wat 'n ongelooflike belofte: niks sal vir julle onmoontlik wees nie! Al wat nodig is, is ___________________. As ons genoeg tyd gehad het, sou ons ook Jak.1:6 kon naslaan. God gee onkeerbare gesag en krag aan gelowige gebed. Selfs 'n geloof wat so klein soos 'n mostertsaadjie is! (Markus 11:22-23.)
 

Geloof bou op God se dade in die verlede

Josafat het God herinner aan sy vorige gebedsverhorings. Die gevolg is die boodskap: "Wees nie bevrees of verskrik vanwe� hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God." (2 Kron. 20:15.)

Geloof is om te glo voordat jy dit gekry het

Heb. 11:1: "Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie."

Heb. 11:1 in Lewende Bybel: "Wat beteken dit om op God te vertrou? Dit beteken om seker te wees dat die dinge waarna ons uitsien, wel sal gebeur. Dit beteken ook om oortuig te wees dat die dinge wat ons nie kan sien nie, wel daar is."

Sit jou geloof aan die werk. As jy glo sal God verhoor (Mark. 11:24).

God verhoor op drie maniere

God verhoor op drie maniere: Ja, Nee, en Wag.

1. Ja. God verhoor jou gebed dadelik.

"Voor hulle nog roep, sal Ek antwoord; terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor." (Jes. 65:24.)

2. Wag. God antwoord nie dadelik nie, maar sal sy belofte later vervul. Toe die profeet Habakuk ongeduldig begin raak omdat die beloftes van die Here nie dadelik waar word nie, s� die Here vir hom:

"Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom verseker, dit sal nie uitbly nie." (Hab. 2:3.)

"Maar ek sal vertrou op die Here, ek sal wag vir die God wat my red. My God sal my gebed verhoor." (Miga 7:7.)

3. Nee. Soms is dit vir 'n ouer nodig om vir sy kind nee te s�. As hy dit doen, is dit nie omdat hy sy kind haat nie, maar juis omdat hy hom liefhet. Wanneer ons iets vra wat vir ons sleg kan wees, moet ons hemelse Vader ook nee s�. As dit sy antwoord is, moet ons Hom vertrou. Hy weet wat vir ons die heel beste is.

"Al sou die vyeboom nie bot nie
en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie,
al sou die olyfoes misluk
en die lande geen oes lewer nie,
al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie
en die beeskrale sonder beeste wees,
nogtans sal ek in die Here jubel,
sal ek juig in God, my Redder."
(Habakuk 3:17-18.)
Om in geloof te bid, beteken om te glo dat God dit kan doen, en ook dat Hy dit wil doen, daarom weet ons dat Hy dit sal doen. Hierdie vertroue is alleen daar as dit op sy Woord gegrond is.

Ek sien-gebede (Hope Macdonald)

1. Hope Macdonald vertel in haar boek Die geheim van gebed van 'n hulpmiddel wat haar baie gehelp het om gelowig te bid. Sy s� sy probeer in haar verbeelding voorstel hoe dit sal wees wanneer daardie gebed verhoor is. Dan dank sy die Here dat Hy besig is om daardie gebed so te verhoor. Dit is bloot 'n tydelike hulpmiddel om ons geloof te versterk. So leer ek hoe om te glo. Kom ons probeer voorstel hoe dit sal wees as ons gemeente herlewing beleef.

"Daarom s� Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees." (Markus 11:24.)

Beskou jou gebed as reeds beantwoord!

"Jesus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid." (Heb. 13:8.)

2. Moenie die woord "as" in jou geloofsgebed gebruik nie. Jy hoef nie s� "as dit U wil is" indien sy Woord jou reeds oortuig het dat dit wel sy wil is nie.

Bid nou volgens sy wil.

3. Moenie aan God probeer voorskryf hoe Hy dit moet doen nie. Ons kyk na die eindresultaat, nie die manier nie.

Dikwels moet ons gebed volgens die wil van God by onsself begin, dat ons self iemand volgens die wil van God sal wees. Ek moet ten volle aan sy wil oorgegee wees. Sy Gees moet my lewe beheers. Sy liefde moet elke dag deur my vloei na die mense rondom my. God beantwoord dus my gebed vir my geliefde deur my te verander.

Pasop: die duiwel sal alles in sy vermo� doen om te keer dat ons gelowige gebede bid.

"Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand h�, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer." (Ef. 6:16.)

Jak.4:7. "Staan die duiwel te� en hy sal van julle af wegvlug."

Maar kom ons kyk liewer na nog 'n asemrowende belofte wat die Here Jesus aan gebed gekoppel het.

Lees in die groepies Joh. 15:7.
Voltooi: "As julle ___ ____ ______
en ____ ________ in julle,
vra dan net _____ _______ ____ ____,
en julle sal dit kry."

Die eenvoudige twee voorwaardes wat die Here Jesus hier noem, gee ons ook die leidraad hoe ons meer van hierdie magtige geloof kan bekom:

1. 'n Persoonlike verhouding met die Here Jesus;
2. Gehoorsaamheid aan sy Woord, soos ons dit deur Bybelstudie leer ken.

Dit bring ons sommer ook by die volgende hindernis vir krag in gebed:
 

6. Die vierde skilpad: Gebed volgens jou eie wil

Is dit nie een van ons grootste skilpaaie nie? Wanneer ons bid, dan is dit mos ons self wat besluit wat God moet doen, en as Hy nie doen wat ons vir Hom voors� nie, dan twyfel ons of daar 'n God is. Ons moenie verwag dat die groot en heilige almagtige God ons bediende moet wees wat al ons opdragte moet uitvoer nie. Ons is sy dienaars, en ons moet sy opdragte uitvoer!

Tog wil God so graag ons gebede verhoor as dit met sy wil saamval.

Lees 1 Johannes 5:14-15.
Hoekom kan ons met vrymoedigheid na God gaan? _________________ _______________________________________________________________
Wanneer verhoor Hy ons gebede? ________________________________
Wanneer kan ons seker weet dat Hy 'n gebed gaan verhoor? _______________________________________________________________
Waarvan moet ons dus seker maak as ons effektief wil bid? _______________________________________________________________ Wie se wil moet verander? _____________________________________
Praat Hy van gelowiges of ongelowiges? (Vers 13.) _____________

As ons dus effektief wil bid, moet ons seker maak dat ons God se wil oor daardie saak ken. God openbaar sy wil aan ons in sy Woord. Kom ons dink aan 'n paar voorbeelde van wat God se wil is.

1 Tes. 4:3: ___________________________________________________
1 Tes. 5:16-18: _______________________________________________
1 Pet. 2:13-15: _______________________________________________
2 Pet. 3:9: ___________________________________________________
Ef. 5:17-20: __________________________________________________

Daarby kan ons al God se bevele aan ons ook byvoeg. As Hy ons beveel om iets te doen, dan is dit sy wil, en ons kan Hom vertrou om ons in staat te stel om dit te doen. Dink byvoorbeeld aan die groot sendingopdrag (Matt. 28:18-20). Dit is vir Hom so belangrik dat Hy selfs sy wederkoms daaraan gekoppel het (Matt. 24:14). As ons dus nie aktief betrokke is in daardie groot opdrag nie, wys dit dat ons God se wil glad nie verstaan nie.

Hoe kan ons dus volgens God se wil bid? Ons kan daagliks Bybelstudie doen, ja. Maar God het 'n tweede helper aan ons gegee.

Lees Romeine 8:26-28.
Wie help ons as ons nie weet wat en hoe om te bid nie? _______________________________________________________________
Waarvolgens bid Hy vir die gelowiges? (Vers 27.) _______________________________________________________________
Hoekom weet ons dat God nie 'n fout maak as dinge anders verloop as wat ons gehoop het nie? (Vers 28.) _______________________________________________________________

Elkeen van ons het 'n troon in sy lewe, en di� een wat werklik jou lewe regeer, sit daarop. Wie is dit wat besluit of ju kerk toe sal gaan of nie? Die Koning s� ons mag nie wegbly nie (Heb. 10:24). As ons dus ongehoorsaam is, is dit teken daarvan dat die ou Eie Ek, die sondige natuur, weer beheer oorgeneem het. Die ou sondige natuur sal jou nooit toelaat om 'n sinvolle gebedslewe te ondervind nie.

Lees Gal. 5:16-17.
Hoe is die begeertes van ons sondige natuur? __________________
Hoe kan ons dit oorwin? _______________________________________

As ons dus werklik met vertroue volgens God se wil wil bid, moet ons Hom vra om deur sy Gees die volle beheer van ons lewe oor te neem. Laat Hom toe om jou wil om te buig om dieselfde as syne te wees.

Opdrag

Kom ons deel nou weer in ons klein groepies op. Dink nou aan daardie een ding wat vir jou die dierbaarste is op aarde: dalk 'n kind, of sukses, of rykdom, of gesondheid, of 'n lewensmaat. Gee daardie skat nou onvoorwaardelik aan jou liefdevolle en alwyse Vader oor, sodat Hy daarmee kan doen wat Hy wil. Moenie enigiets terughou nie. Gee jouself, met alles wat jy is en besit, onvoorwaardelik aan die Here oor. Vra Hom dan om jou nou deur sy Gees te vervul en jou lewe te beheers, om net sy wil te doen.

Dit sluit nou hierdie studie af.

(c) Bybel_media 2002