CMN
Bid01

PRAKTIESE GEBED

'n Praktiese groepkursus oor doeltreffende gebed


 

Saamgestel deur ds. Attie van Wijk



Outeursreg:
(c) Aanhalings uit Die Nuwe Afrikaanse Bybel (1983, 1990) met toestemming van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika
 


Inhoudsopgawe

Lees eers hier!
Studie 1:
Daar is krag in gebed
Studie 2:
Kortsluitings vir die krag
Studie 3:
Die volheid van gebed
Studie 4:
Doeltreffende gebedstye
Vrae en antwoorde oor gebed
Klik
hier om die totale 48.3 KB manuskrip as 5 HTML bladsye af te laai.
Terug na CMN se Bybelstudiegids


Lees eers hier!

Ag nee! Tog nie alweer 'n studie oor gebed nie! Daar is al soveel honderde goeie boeke oor hierdie onderwerp geskryf... Nee, hierdie is nie maar net nog 'n boek nie. Dit is 'n praktiese groepkursus. Dit is bedoel om in 'n groep tydens 'n naweek deur te werk, maar dit eindig nie aan die einde van die naweek nie. Dit gaan voort vir die res van jou lewe. Ons sal probeer om die minimum teorie te verduur en die maksimum praktyk te ondervind. Welkom dus by hierdie groepkursus! Ons is seker dat jou lewe nooit weer dieselfde sal wees nadat jy hierdie kursus aandagtig saam met die ander groeplede deurgewerk het nie. Dit is ons gebed dat die Here elke groeplid iets van die krag en blydskap van ware gebed sal laat ondervind.


Jy is welkom om hierdie gids van die internet af te laai, uit te druk en onder julle groeplede te versprei. Indien jy oorweeg om dit in boekvorm uit te gee, moet jy egter eers die skriftelike toestemming van Bybel-Media kry.

1. Dit is 'n groepkursus

Hierdie kursus is ontwerp om in 'n groep deurgewerk te word. Die interaksie van groeplede is nodig om dit te laat slaag. Kry dus 'n groep van minstens vier lede bymekaar en spring aan die werk. Indien die groep meer as agt lede is, sal julle dikwels in kleiner groepies van vier elk moet opdeel. Almal se deelname is belangrik! Re�l jou sake so dat jy niks sal misloop nie.

2. Bid vooraf

Ons verwagting is dat elkeen tydens hierdie byeenkomste 'n ware ontmoeting met die lewende Here sal ondervind. Hierdie wonderwerk kan net gebeur as elkeen se hart voorberei is vir die ontmoeting. Bid dus vooraf vir jouself, vir die groepleier en vir al die ander groeplede.

3. Wees oop

Ons gaan in hierdie dae praat oor die mees intieme deel van ons godsdiens. Niemand is gewillig om te erken dat sy gebedslewe swakker is as die ander s'n nie. Tog moet ons bereid wees om onsself bloot te stel aan mekaar en aan onsself as ons enigsins wil vorder op die gebedspad. Wees dus gewillig om te volg hoe die Here julle ookal mag lei.

4. Neem tyd

Wanneer ons oor die belangrikste sake van ons lewe gesels, moet ons nie haastig wees nie. Beplan om minstens een en 'n half uur vir elke studie opsy te sit, en moenie skrik as julle vind dat julle nog meer tyd wil neem nie. Ons gaan self die groot feite ontdek, en dit neem tyd. Moet dus nie tyd mors met sypaadjies en onbenullighede nie. Hou by die opdragte.

Julle kan die kursus deurwerk in een naweek met vier sessies, of andersins oor vier weke in sessies van een en 'n half uur elk. Kyk maar wat vir julle die beste sal wees.

5. Moontlike haakplekke

Die persoon wat die leiding neem, moet op die volgende let:

  • Dra die verduidelikende gedeeltes voor of laat die groeplede beurte neem om dit voor te lees.
  • Stel die opdragte een vir een aan die orde en sorg dat die groep by die onderwerp bly. Waak daarteen dat die bespreking op syspore afdwaal.
  • Sorg dat die groeplede die antwoorde so ver moontlik in die Skrifdeel wat aangegee word sal vind, tensy hulle eie opinie gevra word.
  • Probeer om al die groeplede by die bespreking te betrek. Moenie iemand dwing om te praat nie, maar moedig die stilles taktvol aan. Die selfstudiegedeeltes is nie 'n vasvra nie - almal se menings is belangrik.
  • Pasop dat een of twee praatsiekes nie die bespreking oorheers nie. Dit bemoeilik die groepswerking.

6. Die kursustoets

Hierdie groepkursus het geen kursustoets om aan Bybelkor te pos nie. Die toets van die sukses van hierdie kursus gaan in die daaglikse praktyk van jou gebedslewe wees. Ons sal darem tog bly wees as jy aan ons wil skryf om te vertel hoe die kursus jou gehelp het, en waar jy meer hulp sou wou h�. Jy is ook welkom om jou persoonlike probleme met ons te deel. Een van ons persoonlike raadgewers sal jou per brief vertroulik raadgee. Mag jou gebedslewe nooit weer dieselfde wees nie!
 

Studie 1

Daar is krag in gebed


1. Ken mekaar

Kom ons staan in 'n sirkel. Maak seker dat elkeen sy naamkaartjie aan het, as ons mekaar nog nie goed ken nie. Ons gee nou een minuut sodat ons onsself aan ons bure kan voorstel. Daarna sal ons elkeen kans kry om die persoon regs van ons voor te stel aan die groep:
- Wat is sy/haar naam?
- Wat is sy/haar beroep?
- Hoe lank is hy/sy in ons gemeente?
- Wat verwag hy/sy van hierdie groepkursus?

Nou kan ons in groepies van drie of vier gaan sit.
  Bid nou saam in julle groepie. Vra die Here om elkeen van ons te verander sodat Hy sy plan met ons kan uitvoer.


2. Die gemeente se termometer

"Ons is hier omdat ons krag in gebed nodig het." Stem jy saam? Kom ons kyk of dit waar is. Iemand het geskryf:
 

As jy wil weet hoe gewild 'n kerk is
- gaan na die oggenddiens.
As jy wil weet hoe gewild die leraar is
- gaan na die aanddiens.
As jy wil weet hoe gewild God is
- gaan na die weeklikse biduur.



Kom ons aanvaar dat die bogenoemde stelling 'n leidraad kan wees om 'n gemeente se geestelike standaard te bepaal.
Hoeveel belydende lidmate het julle gemeente? _____________
Hoeveel woon die oggenddiens by? _____________
Hoeveel woon die aanddiens by? _____________
Hoeveel woon die gemeentebiduur by? _____________
Hoe sou jy jou gemeente se geestelike standaard beskryf?
_________________________________________________________________

Wie is "ons gemeente"? (Merk die regte antwoorde)
[ ] die leraar(s)
[ ] die kerkraadslede
[ ] die lidmate
[ ] ons wat by hierdie kursus is

As ons dus die geestelike toestand in ons gemeente wil regstel - by wie moet ons dan begin?
[ ] by di� wat nie hier is nie;
[ ] by ons wat hier is.


3. God gebruik gebed om sy doel met sy kerk te bereik

Die doel van die kerk is
die ver-HEER-liking van God, deur
die OPBOU (geestelike groei) van die gemeente, en
die UITBOU van die gemeente (evangelisasie en sending).



Kom ons gaan kyk hoe 'n paar gesonde gemeentes aan God se doel voldoen het. Elke groepie moet een deel naslaan en die antwoorde soek, en dan netnou aan die groot groep verslag doen, sodat almal die antwoorde kan inskryf.

3.1 Lees Hand. 2:40-42, 46-47.
Wat het hulle geestelik laat groei (opgebou)?
______________________________________________________________
______________________________________________________________
Wat het hulle in getalle laat toeneem (uitgebou)?
______________________________________________________________

3.2 Lees Hand. 4:27-31.
Watter krisis het die gemeente beleef? (Vers 18.)
______________________________________________________________
Hoe het hulle die krisis hanteer? (Vers 23-24.)
______________________________________________________________
Was die krisis oor die opbou of die uitbou van die gemeente?
______________________________________________________________
Wie is in beheer, self in krisistye? (Vers 28.) ______________
Waarvoor het hulle gebid? (Vers 29-30.)
______________________________________________________________
______________________________________________________________
Wat was die gevolg van sulke gebede? (Vers 31.)
_______________________________________________________(opbou)
______________________________________________________(uitbou)
Wat is die verband tussen die opbou en uitbou in vers 31?
______________________________________________________________

3.3 Lees Hand. 6:1-7.
Wat het die apostels as prioriteite beskou? (Vers 4.)
______________________________________________________________
Watter een staan eerste? _____________________________________
Wat was die gevolg van hierdie standpunt? (Vers 7.)
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
Wat s� dit van die prioriteite in ons leraars se lewe?
______________________________________________________________

3.4 Lees Hand. 12:1-5.
In watter hopelose toestand het Petrus hom bevind?
______________________________________________________________
Wat was die gemeente se reaksie? _____________________________
Hoe lank het hulle gebid? ____________________________________
Waarvoor het hulle gebid? ____________________________________
Tot wie het hulle gebid? _____________________________________
Wat was die resultaat? (Vers 16.) ____________________________
Hoe moet ons dus gemeentekrisisse hanteer? ___________________

3.5 Lees Hand. 13:1-3.
Wat het tydens die predikantebiduur gebeur? __________________
______________________________________________________________
Wat het die gemeente daarna gedoen? __________________________
Hoekom het die gemeentelede hulle hande op die sendelinge gel�?
______________________________________________________________
Hoekom het Paulus n� elke sendingreis aan hierdie gemeente kom verslag doen? (Hand. 14:27-28; 18:22.)
______________________________________________________________
Hoe het hierdie biduur die opbou en uitbou van die gemeente be�nvloed? ___________________________________________________

3.6 Lees Hand. 14:21-23.
Wie moes leiding neem in die nuwe gemeentes? (Vers 23.)
______________________________________________________________
Wat het die gemeente gedoen tydens die verkiesing?
______________________________________________________________
Wat het die apostels gedoen om hulle te bevestig?
______________________________________________________________
Wat leer dit ons van die erns van kerkraadsverkiesings?
______________________________________________________________

Doen nou verslag aan die groot groep oor wat u ontdek het.
Wat het in elke voorbeeld die verskil gemaak tussen sukses en mislukking? _________________________________________________
Hoekom is gebed vandag nog net so noodsaaklik vir die opbou en uitbou van die gemeente? ____________________________________


4. Hoekom bid ons dan so min?

Deel weer in die klein groepies op. Elke groepie moet in die volgende vyf minute aan minstens ses redes dink waarom ons gebedslewe so gebrekkig is, of waarom mense nie vrymoedigheid het om in die openbaar aan gebed deel te neem nie. Skryf dit neer:
________________________________________________________________
________________________________________________________________
________________________________________________________________
Vergelyk dan julle antwoorde in die groot groep, en teken dit aan. Ons sal later weer daarna terugkom.


5. Twintig redes waarom ons moet bid

Kom ons deel nou weer in ons klein groepies op. In die volgende tien minute gaan elke groepie vier redes ontdek waarom ons baie meer moet bid. Die groepleier sal die opdragte uitdeel. Skryf julle bevinding in sodat julle dit in die groot groep met die ander kan deel.

6.1 Volgens 1 Tess. 5:17 en Ef. 6:18.
_______________________________________________________________
6.2 Volgens 1 Joh. 5:14-15.
_______________________________________________________________
6.3 Volgens Gen. 3:8-9 en Jer. 33:3.
_______________________________________________________________
6.4 Volgens Joh. 15:7.
_______________________________________________________________
6.5 Volgens Joh. 15:7 en Matt. 7:7, 11.
_______________________________________________________________
6.6 Volgens Joh. 15:5.
_______________________________________________________________
6.7 Volgens Luk. 6:12 en Mark. 1:35.
_______________________________________________________________
6.8 Volgens Dan. 6:11 en Ps. 5:4.
_______________________________________________________________
6.9 Volgens Hand. 6:4; Rom. 1:9; Ef. 1:15-16; Kol. 1:9; 2 Tim 1:3; 1 Tess. 3:10.
_______________________________________________________________
6.10 Volgens Jak. 5:16 en Ps. 50:15.
_______________________________________________________________
6.11 Volgens Ef. 6:18 en Mark 9:29.
_______________________________________________________________
6.12 Volgens Jak. 4:8.
_______________________________________________________________
6.13 Volgens 1 Pet. 5:7 en Fil. 4:6-7.
_______________________________________________________________
6.14 Volgens 1 Joh. 1:9 en Heb. 4:16.
_______________________________________________________________
6.15 Volgens 2 Kor. 3:18 en Ps. 119:18.
_______________________________________________________________
6.16 Volgens Hand. 4:31.
_______________________________________________________________
6.17 Volgens Matt. 6:13 en 26:41.
_______________________________________________________________
6.18 Volgens Rom. 8:34 en Heb. 7:25.
_______________________________________________________________
6.19 Volgens Joh. 16:24 en Ps. 16:11.
_______________________________________________________________
6.20 Volgens Luk. 11:13; Hand. 4:31 en 8:15.
_______________________________________________________________


6. Hoekom bid ons dan nie?

Een groep gelowiges het die volgende redes gevind waarom mense nie baie tyd aan gebed bestee nie. Beoordeel elkeen in die lig van wat ons so pas ontdek het:

1. Gebed is nie vir my belangrik nie.
2. Ek het nie tyd nie.
3. Ek weet nie hoe om te bid nie.
4. Ons besef nie dat God wil h� dat ons moet bid nie.
5. Kragtige gebed is net vir party gelowiges bedoel.
6. Ons ken God nie.
7. Dit help tog nie om te bid nie.
8. Ons is bang vir wat ander van ons gebede sal s�.
9. Ek is saans te vaak om te bid.
10. Ek verslaap elke oggend.
11. Ons besef nie watter krag in gebed opgesluit is nie.
12. Ek het nie 'n las vir gebed nie.
13. Dit gaan met ons te goed.
14. Ek is nie lus om te bid nie.

Ons kan die bogenoemde besware indeel onder drie hofies:
a. onkunde,
b. ongeloof en
c. onwilligheid.
Skryf agter elke beswaar hierbo die a, b of c van die hofie waaronder hy pas.

Dr. Andrew Murray het eenkeer ges�:
Ons k�n tyd maak vir gebed. Ons doen dit dan vir ons vriende.


7. Slotsom

"Die tyd wat ons aan gebed bestee is nie gemorste tyd nie. Dit is tyd wat teen die hoogste rentekoers bel� word, en wat die hoogste dividende sal oplewer." (R.A. Torrey)

'n Biddelose gemeente is 'n kragtelose gemeente, want "sonder God kan ons nie, maar sonder ons wil God nie." (Augustinus)

"As ons werk, is dit net mensewerk, maar as ons bid, werk God, en as God werk, wie kan dit keer?" (Hans von Staden)

As God dan soveel krag en beloftes aan gebed gekoppel het, as Hy ons soveel keer nooi en beveel om te bid, as Hy telkemale in die verlede gebed op die wonderlikste manier verhoor het, is dit dan verbasend dat die Satan alles in die stryd werp om te keer dat ons bid?

In een van sy boeke vertel dr. Andrew Murray die volgende verhaaltjie:
"Twee manne het oor 'n sekere saak geveg. Ons kan hulle Christen en Appolion noem. Appolion het gemerk dat Christen 'n baie magtige wapen het wat hom beslis die oorwinning sal gee. Daar het dus 'n geweldige stryd ontstaan waarin Appolion probeer het om sy teenstander van sy wapen te beroof en om dit te vernietig. Vir die oomblk was die oorspronklike oorsaak van die geveg vergete. Die hoofsaak was nou: wie sal in besit kom van hierdie beslissende wapen? Om hierdie wapen in die hande te kry is 'n saak van lewe en dood.

"So is dit ook in die stryd tussen Satan en die gelowige. Die kind van God kan met gebed alles oorwin. Is dit dan 'n wonder dat die Satan sy uiterste doen om die Christen van daardie wapen te beroof, of om hom in die gebruik daarvan te verhinder?"

Gebed:

1. 'n Gawe van God, want Hy wil met ons gemeenskap hou.
2. 'n Bevel van God, want Hy wil ons gebede gebruik.
3. Die wapen/gereedskap wat God ons gee om die Satan te oorwin.
4. Die hoofdeel van ons dankbaarheid teenoor God.


8. Wat is jou besluit?


Gaan jy die Satan toelaat om die oorwinning te behaal? Of is jy gewillig om tyd en kragte te bestee om die koms van die koninkryk van God te verhaas? God verlang om met jou gemeenskap te beoefen. Wat gaan jy met hierdie wonderlike voorreg maak? Jou rug daarop draai?

Kom ons deel nou weer ten slotte in ons klein groepies op en s� elkeen aan die Here wat ons antwoord is.
 

(c) Kopiereg: Bybel-Media, 2002, (Posbus 5, Wellington 7654, Suid-Afrika)