CMN
GEA Akte

GEA Akte van Samewerking

tussen Gereformeerde Kerke in Pretoria insake Evangelisering

Naam
Die aksie staan bekend as "die Gereformeerde Evangeliseringsaksie" - afgekort G.E.A.

Samestelling/Deputering
Die G.E.A. word saamgestel uit Gereformeerde Kerke wat elk drie (3) persone per kredensiebrief deputeer.

Grondslag
Die grondslag van die G.E.A. is die Bybel as Woord van God, die Drie Formuliere van Eenheid van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika en die Kerkorde van die G.K.S.A.

Doel
Die doel word uitgedruk met die akroniem U.I.T.R.E.I.K.

Uitreik met Intensiewe Toerusting tot Realiserende Evangelisasie en Inskakeling in die (plaaslike) Kerk van Jesus Christus.

Uitreik dui op meewerkende Kerke wat na mekaar uitreik en in hierdie G.E.A. saamwerk.

Intensiewe toerusting dui daarop dat die G.E.A. die Kerke en lidmate van di� kerke wil bystaan met intensiewe toerusting tot die uitleef van die profetiese amp.

Realiserende evangelisering dui daarop om vanuit toerusting, evangelisering onder toesig van elke plaaslike
Kerkraad te laat plaasvind.

Inskakeling in die Kerk dui op hulp aan deelnemende plaaslike Kerke, deur toerusting, om nuwe lidmate in
te skakel in die plaaslike Kerke.

Finansies
Aangesien die G.E.A. basiese finansi�le verpligtinge het, veral ten opsigte van administrasie, moet die G.E.A. jaarliks 'n begroting saamstel en dit gedurende Oktober aan meewerkende kerkrade vir oorweging en goedkeuring voorl�. Meewerkende kerkrade sal proporsioneel tot die goedgekeurde begroting bydra om sodoende die G.E.A. in staat te stel om uitgawes te bestry. Die G.E.A. sal jaarliks 'n verslag van inkomste en uitgawes vir die twaalf maande eindigende op 31 Desember aan die meewerkende kerkrade voorl�.

Wysigings
Wysigings aan hierdie akte word deur die meewerkende kerke goedgekeur.

Hierdie akte van samewerking word deur TWEE deputate van elke meewerkende Kerkraad onderteken.